Kunstenaars opgewonde om die nuwe jaar in te sokkie by Super Sokkie

Die kunstenaars van die gewildste sokkie-geleentheid van die jaar, Super Sokkie, is reeds in rep en roer oor dié konsert wat vir ’n derde keer by Carnival City se Big Top-arena in Johannesburg aangebied word.

“Vir die kunstenaars is dit die beste gevoel ooit om te sien hoe ’n duisend plus mense op hul liedjies dans, dis Super Sokkie,” het Kurt Darren, organiseerder en een van die kunstenaars van Super Sokkie, gesê.

Kurt Darren, Liezel Pieters, Refentse, Snotkop en Nádine kom op Sondag, 31 Desember byeen om 2018 in te sokkie. Treffers soos Anoret, Kaptein, Kaapse Draai, Cool soos Koos Kombuis en vele meer gaan gehoor kan word.

Dié liedjies is ook beskikbaar op die JOOX musiekstroom-app. Luister regstreeks na musiek of laai jou keuses af om weer én weer daarna te luister. Laai die app gratis in die Google Playstore of iOS Store af.

Volgens Refentse is Super Sokkie vir hom die lekkerste kuier. “Jy kry nie beter as Super Sokkie nie. Mense sokkie op jou liedjie wat jy sing. Dis lekkerder as lekker,” het hy gesê.

Super Sokkie toer volgende jaar – op 3 Maart – ook na die VSA en daarna word daar van Vrydag, 9 Maart tot Maandag, 12 Maart op die MSC-bootvaart gedans.

“Julle mag nie hierdie een misloop nie. Dit gaan die lekkerste kuier en laaste kuier van die jaar wees, so kry julle kaartjies,” laat die sangeres, Liezel Pieters, van haar hoor.

Kaartjies vir die vertoning op Sondag, 31 Desember is nóú landwyd beskikbaar by Computicket-kiosks, Shoprite/Checkers en House & Home. Kaartjies is ook aanlyn by Computicket of by 0861 915 8000 beskikbaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?