Klawer-munisipaliteit hard aan die werk

Vanoggend is die span van Klawer hard aan die werk om voort te gaan met hul daaglikse take.

Die span herstel vandag ’n pyp wat gebars het in Langstraat naby die skool. Hulle gaan vullissakke voorsien aan inwoners van Riemvasmaak en dan gaan hulle ook ’n padkruising herstel. Dit behels grond wat oopgegrawe moet word en dan weer opgevul word. Die manne gaan ’n lang dag hê. Hulle beoog ook om Klawer se hoofstrate skoon te vee.

Drink baie vloeistowwe manne, die dag gaan sommer nog warm raak.

Bron: Neels, Klawer-munisipaliteit

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?