Katkisante hou jaarlikse fondsinsameling-funksie

Die katkisante van die VGK op Vredendal houelke jaar ’n fondsinsameling vir hul jaarlikse geestelike verrykingskamp.

Die verrykingskamp vind op 28 April plaas. Vanjaar se fondsinsameling-funksie is ’n karaoke-aand met verskillende gaskunstenaars om die gehoor te vermaak. Doen jou deel en ondersteun die katkisante met hul funksie. Die katkisante sal die ondersteuning baie waardeer.

Vir meer inligting oor hoe jy ’n bydrae kan maak, kontak Leatitea Martins, die hoofkategeet, by 083 886 9166.

Bron: Dominee Pedro Aden Oktober, VGK Vredendal

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?