Kamers van 24 – 28 Mei in Kaapstad

Daar heers groot opwinding in Kaapstad met Kamers (Herfs 2017) wat om die draai is. Dit is een van Suid-Afrika se grootse handwerk-markte met allerlei handgemaakte Suid-Afrikaanse produkte, gemaak met passie en trots.

 

Dié mark het die afgelope paar jaar uit sy nate gebars en gaan steeds jaarliks van krag to krag. ’n Legio unieke produkte, waaronder huisware, klere, skoonheidsprodukte, juwele, musiek, kos en vele meer kan besigtig en gekoop word.

 

Kamers vind plaas van 24 tot 28 Mei by die Kasteel in Kaapstad en is met trots deur ABSA geborg. Indien jy dit nie wil misloop nie, kan jy na www.planton.mobi gaan en jou kaartjie teen R60 aanlyn koop. By die deure sal die kaartjies teen R80 verkoop word. Studente en pensionarisse betaal R60. Kinders onder die ouderdom van 18 kry gratis toegang. Indien jy vir al vier dae na Kamers wil gaan, kan jy ’n kaartjie teen R120 koop.
By die ingang ontvang elkeen ’n ekslusiewe inkopie-sak vir die produkte wat jy wil koop en ’n tydskrif oor Kamers. Moet dit nie misloop nie, dit gaan ’n belewenis wees, so nooi jou vriende en gesin en gaan geniet Kamers 2017.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?