Kadette kry welverdiende skenking

Op Dinsdag, 22 Januarie het die Cadets School of Academy ’n groot skenking ontvang. Die skenking van Namaqua Wines, Noordweste Drankhandelaars, Spruitdrift Wynkelder en Vredendal Wynkelder het ’n ruim finansiële bydrae gemaak sodat die kadette nuwe instrumente kon aankoop. Die koördineerder van die projek was Arniel du Toit.

Die kadetprogram in Bitterfontein-, Maskamsig-, Uitkyk- en Klawer-skole kan nou verder uitgebrei word. Die Departement van Kultuur en Sport gaan na aanleiding van ’n onlangse samewerkingsooreenkoms die kadetprogram begin onderneem. Hulle gaan verantwoordelik wees vir die beplanning en opleiding om die kadetprogram deur die MOD-sentrums te doen. Só word meer kinders bereik.

Indien enigiemand of organisasie die kadette vir ’n optrede wil bespreek, kan Marthie Coetzee, die CSA se tesourier, gekontak word by 076 882 0886.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?