Jeugdag-vieringe

Op Vrydag, 16 Junie, sal daar Jeugdag-vieringe op Vredendal wees. Die jeugdag-verrigtinge sal op Vredendal-Noord se sportterrein plaasvind en dit sal om 10:00 begin en om 14:00 eindig. Daar sal verskeie aktiwiteite soos dans- en drama-optredes wees asook die jeugbrigade wat ’n verskyning sal maak. Vir die sportliefhebbers sal daar sportwedstryde vir sokker en netbal wees. Daar sal ook rieldansers wees wat lekker stof sal trap.

 

Indien jy jouself in die Vredendal-omgewing bevind, moet jy beslis ʼn draai gaan maak. Almal is meer as welkom, veral die jeugdiges in die Matzikama-streek. Dit klink soos  ʼn blink idee om Jeugdag saam met jou vriende en die gemeenskap te vier.

 

Bron: Matzikama Thusong Centre

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?