Jeugdag-vieringe ʼn reuse sukses

Op Vrydag, 16 Junie, was dit Jeugdag regoor Suid-Afrika. In die Matzikama-streek is Jeugdag op verskillende maniere gevier en dit was inderdaad ʼn reuse sukses. Die Matzikama-raad, in samewerking met die departement van sport en kultuur, Vredendal SAPD en die plaaslike dwelmverslawingskomitee het die Jeugdag-vieringe aangebied. Verskillende talentkompetisies is aangebied, inheemse speletjies is gespeel en rieldansers het lekker stof getrap. Daar was ook verskeie gassprekers by die geleenthede, onder andere advokaat Lennit Max, lid van die parlement asook voormalige minister van gemeenskapsveiligheid. Baie van die jeugdiges het die verskillende jeugdag-vieringe bygewoon en deelgeneem aan die aktiwiteite wat aangebied is. Baie dankie aan almal wat die Jeugnaweek-verrigtinge moontlik gemaak het, die bydrae en ondersteuning word hoogs waardeer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?