Isuzu Suid Afrika vier op 22 April hul 80ste bestaansjaar

Die Vredendal Motorgroep gaan op 22 April ’n spesiale geleentheid bied by Maskam Mall op Vredendal waar alle Isuzu-eienaars met hul Isuzu-voertuie kan kom spog, van die oudste tot die nuutste.

Ons nooi alle Isuzu-eienaars om met hul oudste tot nuutste Isuzu’s te kom spog by ons 80ste verjaardagviering. Ons nooi almal uit om die dag saam met ons te kom geniet. Skryf vandag nog in en staan ’n kans om ’n prys te wen.

Gratis inskrywings vir jou spogwa is beskikbaar by die Vredendal Motorgroep. Pryse gaan uitgedeel word vir die oudste, mooiste en die mees oorspronklikste Isuzu. Alle inskrywings staan ook die kans om die wenner van ’n gelukkige trekking te wees.

Thi Art se kosstalletjie sal heerlike lekkernye en drinkgoed te koop aanbied.

Vir meer inligting skakel ons:

Jurgen Smith 072 557 3992 / 027-213 2880
Sharonel Smith 083 654 9366 / 027-213 2880

Bron: Facebookblad van die Vredendal Motorgroep

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?