HSV BESOEK KUNSTEKAAP OPERAHUIS

“Die bywoning van Chicago The Musical was die perfekte geleentheid om ons kultuurleerders aan die milieu en dissipline van ’n professionele teater bloot te stel.”

Só vertel Rensia Theron, dansopvoeder by die Hoërskool Vredendal.  

Sestig kultuurleerders van dié skool  het op Saterdag 6 April die geleentheid aangegryp om die musiekblyspel, Chicago, in die Kunstekaap Operahuis in Kaapstad te gaan kyk.

Hierdie musiekblyspel wat moord, korrupsie, verraad en geweld op die maat van jolige musiek aanbied, is ’n besonder kleurryke en bevrydende skouspel.  

’n Lewendige orkes speel deurgaans bekende liedjies soos All that Jazz, Cell Block Tango, When You’re Good to Mama, Mr Cellophane en natuurlik Razzle Dazzle wat die volgepakte Operahuis rasend gehad het vir meer. Elke deelnemer is fenomenaal as sanger, danser en akteur – alles in een.

HSV-kultuurleerders is dit eens dat lewendige teater die beste vertoning-ondervinding ooit is en is geïnspireer om in hul dans, sang en drama uit te blink. Daar wag dalk net ’n rol in ’n soortgelyke produksie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?