Heilsame skenkings vir tehuis vir bejaardes

Die Vredendal Tehuis vir Bejaardes was onlangs die ontvanger van onbaatsugtige skenkings. Burre Burger vanaf Droogtehulp het droë vrugte aan die inwoners van die tehuis geskenk. Attie Claassen en Paul Liebenberg het die donasie aan die inwoners uitgedeel. Jaco Gagiano van Koekenaap het ook ’n oorvloed van pampoene aan die tehuis geskenk.

Op 28 Februarie het die Kaapse Nuwe Apostoliese Kerk se jeug die tehuis besoek en die inwoners bederf met soete klanke deur vir die inwoners se sing. Die tehuis is gevul met dankbaarheid en waardeer die ondersteunende belangstelling vanaf dié skenkers en breë gemeenskap wat opreg omgee.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?