Hantam Vleisfees

Op Vrydag, 25 Augustus en Saterdag, 26 Augustus is dit weer tyd vir die jaarlikse Hantam Vleisfees op Calvinia. Vanjaar word die fees vir die 28ste keer aangebied. Die hoofdoel van dié fees is nog steeds om die smaaklike skaapvleis van die Hantam-streek te bevorder. As jy ’n vleisliefhebber is, dan is hierdie fees spesiaal net vir jou.

 

Feesgangers kan uitsien na die volgende kunstenaars se optredes:

  • Brendan Peyper
  • Leah
  • Klipwerf Orkes
  • Christo & Cobus
  • Dillon Lerm
  • Wicus van der Merwe
  • Sam en Calla
  • Viljoen Retief
  • Armand Steenkamp

Net soos in die verlede beloof die jaar se fees om ook ’n hoogtepunt op jou kalender te wees. Vir meer inligting oor die Hantam Vleisfees besoek hul webtuiste by www.hantamvleisfees.com of hou hulle Facebook-blad dop.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?