Gratis huwelikseminaar deur Riekert Botha

Die Baptiste Gemeente op Vredendal bied op Vrydag, 4 Augustus, ’n gratis huwelikseminaar by die NG Wes-kerksaal op Vredendal aan waar ds. Riekert Botha en sy vrou Pippa Botha getroude paartjies gaan toespreek.

Volgens Sunet Anderson is almal die Vrydagaand welkom om saam te kom kuier terwyl Riekert en Pippa gaan gesels oor hoe ’n mens jou huwelik kan versterk. Die verrigtinge sal om 19:00 begin en daar sal ook lekker sop en brood bedien word. Ds. Riekert sal ook op Sondag, 6 Augustus, die bediening by NG Wes se aanddiens lei en dit sal om 18:00 begin.

“Riekert en Pippa kom al ’n lang pad met ons dorp en gemeente. Hy en sy vrou was voorheen leiers in die Baptiste Gemeente Vredendal, en woon nou op Hermanus. Riekert is ’n bekende skrywer van geestelike boeke en tree regoor die land as spreker op. Dit is altyd ’n voorreg en inspirasie om na hom te luister, aangesien hy ’n gebore spreker is wat jou deurentyd boei en die Woord prakties maak,” sê Anderson.

“Riekert en Pippa het ’n diep geestelike pad met die Here gestap, waaruit ons elkeen baie kan leer. Ons is opgewonde dat huwelike hierdie naweek versterk sal word,” voeg Anderson by.

Daar sal ook van Riekert se boeke by die huwelikseminaar te koop wees. Diegene wat die geleentheid wil bywoon, moet asseblief teen Donderdag, 3 Augustus by Sunet Anderson RSVP. Vir nader besonderhede, kontak haar by 0732538272.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?