Gifberg Spookfees

Die Gifberg Spookfees gaan ’n fees wees eie in sy soort en vind plaas op 17 en 18 Maart op Gifberg, Vanrhynsdorp.

Dit het alles begin toe Herman Kleinhans besluit het om ’n onvergeetlike partytjie te hou vir sy 30ste verjaardag, maar dinge het vinnig ’n sneeubal-effek gehad en nou is dit amptelik ’n fees.

Die kunstenaars sluit in: Twee, Spoegwolf, Elandre Schwartz, Deon Meiring, Mari Bosman, Steyn de Wet, Gian Groen, The Young Folks, Wouter van de Venter, My Vallei (Wouter, Herman en Hilandi du Toit), Jan-Hendrik Fourie, Schalk Bezuidenhout en Chef Tiaan.

Jacques Tredoux gaan die Vrydagaand ’n aanbieding doen oor die sterre vanuit die Boesmans se destydse perspektief en Saterdag vat hy die oggendgroepe veld toe om te leer oor die omgewing (en dalk om die vorige aand se babalas af te stap).

Om twaalfuur die middag gaan almal op ’n staptog na die middagverhoog, wat geleë is tussen rotse met poele. Stel jou voor: mense wat van die rotse in die water in spring, musiek, bier deur Skelmbos met ‘n “beerpong-”area en uiteindelik komedie deur Schalk Bezuidenhout voor almal die tog terug aandurf na die hoofterrein vir die aand se manewales.

Die kaartjies kos R500 pp en dit sluit in ’n plek om te kamp asook ’n ete voorberei deur een van ons land se topsjefs, Tiaan Langenegger van Kokke- en Koekedoor faam.

Daar gaan ook ’n wynstalletjie, ’n kontantkroeg en ’n stalletjie wees wat kos verkoop. Daar is egter plekke waar mense kan braai, so braai sal daar gebraai word! Indien jy nog nie oortuig is nie, daar is geen ontvangs op Gifberg nie. Stuur ‘n e-pos na gifbergspook@gmail.com om jou kaartjie te bespreek.

Hierdie gaan ‘n fees wees soos jy nog nooit gesien het nie so spring gou, bel jou vriende en sorg dat julle daar is!
Bron: Herman

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?