Geslagsgebaseerde vergadering op Lutzville

Op Donderdag, 6 Julie sal daar ʼn vergadering, uitreik en regskliniek in samewerking met die Kommissie van Geslagsgelykheid (KGG) vir die gemeenskap aangebied word. Die vergadering sal fokus op kwessies rakende geslagsongelykheid, huishoudelike geweld veral teen vroue en kinders, en soortgelyke kwessies wat die inwoners van die Matzikama-streek raak.

Die vergadering sal om 10:00 begin en by die Uitkyk-gemeenskapsaal op Lutzville plaasvind. Die doel van die vergadering is ook om vroue, kinders en mans in te lig, op te voed en aan te moedig om betrokke te raak by die instandhoudingskwessies wat in die gemeenskap ʼn probleem is.

Alle organisasies, gemeenskapslede en die betrokke regeringsdepartemente word hartlik genooi om hierdie vergadering by te woon. Vir meer inligting, kontak Gert Afrikaner, die gemeenskapsontwikkeling-werker vir die departement van plaaslike regerings by 062 431 5476 of 074 789 8373.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?