Geraldine Scholtz stel splinternuwe musiekvideo bekend

Sommer is ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer en gaan oor ’n meisie wat verlief is op iemand wat haar nie raaksien nie. Die treffer is die perfekte pasmaat vir die nuweling se sterk, helder stem en is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Die musiekvideo van die enkelsnit is op die 29ste September op die gewilde kykNET Top20-program amptelik bekend gestel en kykers is gaande daaroor!

Die video is by 012 Central in Pretoria deur Gerhard van Rooyen verfilm. “Ek het vandat ek die liedjie vir die eerste keer gehoor het, presies geweet wat ek wou hê vir die musiekvideo. Dit speel in twee vertrekke – lig en donker – af, wat verskillende betekenisse simboliseer. Die ligte vertrek gaan oor die hartseer wat die meisie ervaar omdat die persoon nie dieselfde voel as sy nie, terwyl die donkerder vertrek meer warmte het en die verliefdheid wat sy voel uitbeeld,” verklap Geraldine. “Gerhard en sy span was ongelooflik. Ons het so lekker gelag en ek het werklik elke oomblik van die dag geniet.”

Sommer is die perfekte kombinasie van treffende lirieke en ’n lekkerluister-wysie, wat haar stem op sy beste laat vertoon. Met dié treffer vestig sy haarself stewig in die musiekwêreld.

Laai JOOX gratis af in die Google Playstore of App Store en luister na jou gunsteling kunstenaar se musiek!

Artikel verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus, artikels en smullekker resepte besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?