Geestelike konsert op Vredendal-Noord

Op Sondag, 6 Augustus, gaan daar ’n geestelike konsert om 16:00 by die VGK-saal op Vredendal-Noord plaasvind.

Die geestelike sangeres, Remalie Esau, wat van Ceres afkomstig is, gaan as gaskunstenaar by hierdie geleentheid optree. Plaaslike sangers Quinton Kanzi, Chriszano Titus en Wendy Heyns sal ook in die konsert optree. Toegangsfooie vir hierdie konsert beloop R20 vir kinders en R50 vir volwassenes.

Volgens Wendy Heyns, organiseerder van die konsert, beloof die aand om geestelik vervul te wees.

“Almal in die Matzikama-streek word hartlik genooi om hierdie aand se verrigtinge by te woon en om deel te wees van ’n onvergeetlike aand,” sê Heyns.

Vir meer inligting kontak Wendy Heyns op 079 599 8550.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?