Geestelike konsert aangebied

Op 30 April gaan daar ’n geestelike konsert plaasvind in die gemeenskapsaal in Vredendal-Noord. Dit gaan aangebied word deur Jayson Claassen.

Die konsert begin om 16:00 en die toegangsfooi is R50 vir volwassenes en kinders bo 12 en R30 vir kinders onder die onderdom van 12. Maak seker om jou kaartjie te koop om teleurstelling te voorkom. Skakel Jayson op 084 943 4528 vir nader besonderhede oor die konsert.

Indien jy in die Vredendal-omgewing is, maak seker om ’n draai by die konsert te maak. Dit is beslis iets wat jy nie wil misloop nie.

Bron: Jayson Claassen, Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?