Gaskunstenaars by Madeliefie Makietie

Die tyd raak al hoe minder vir die fees van alle feeste. Feesgangers sien al hoe meer uit na die Madeliefie Makietie-fees wat op 29 en 30 September plaasvind en vanjaar het hierdie fees ’n nuwe tuiste gevind op die mooi Weskus-dorp, Strandfontein.

Feesgangers kan uit sien na vyftien van ons land se top kunstenaars wat hulle gaan vermaak by die fees. Die kunstenaars is as volg:

  • Bobby Van Jaarsveld
  • Jay
  • Lianie May
  • Juanita du Plessis
  • Willem Botha
  • Leah
  • Lee Scott
  • Brendan Peyper
  • Die Broers
  • Pieter Koen
  • Dobbelsteun
  • Andriëtte Norman
  • Niel Somers
  • Klikkerland
  • Lollos

Daar is vermaak vir beide jonk en oud. So maak seker jy koop jou kaartjie om jou gunsteling kunstenaars in aksie te sien. Dit fees beloof om een lekker opskop te wees. Klik ook op die skakel om meer te lees oor die kunstenaars: madeliefiemakietie.co.za/kunstenaars/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?