Flieknet terug op die kassie

Wat is lekkerder in die vakansietyd as tyd voor die kassie, op die bank met ’n bak springmielies, met een van jou gunsteling-flieks?

Van 16 Desember tot 12 Januarie 2018 is fliekNET weer op DStv-kanaal 198 te sien. Kykers kan uitsien na ’n propvol skedule en sal daagliks ’n groot verskeidenheid Afrikaanse flieks kan sien.

Maandae kan kykers in tyd terugreis om al die tydlose flieks te geniet. Dinsdae is propvol flieks om tieners gedurende die vakansietyd uit die moeilikheid te hou. Woensdae sorg vir liefdesverhale en romanse, terwyl Donderdae sorg vir flieks om oor na te dink. Vrydae hou ons kykers op hulle tone met rillers, aksie – en gruwelflieks.

Op Saterdae gaan daar ’n ekstra bederf vir die kleinspan wees en daarmee saam ’n ruskans vir al die ma’s en pa’s wat so hard grootgemaak het deur die jaar, want op Saterdagoggende rondom 10:00 bederf fliekNET die kleiner kykers met Khumba, Heidi, Die sneeukoningin en Maya die by.

Vir die volledige fliekskedule, klik hier: kyknet.dstv.com/nuus/dis-tyd-vir-flieknet

Berig verskaf deur sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?