Exclusive Frequency by Thi Art

Daar is talent en lekker vermaak by die Thi Art-restaurant om die ervaring daar net beter en beter te maak. Francois Erasmus, beter bekend as Dj Exclusive Frequency, is elke Woensdag daar om jou te vermaak tydens die spesiale aanbod op skemerkelkies.

 

Francois is oorspronklik van Pretoria waar hy nog altyd oor musiek gedroom het, maar geen idee gehad het hoe of op watter manier hy sy merk wou maak in dié mededingende bedryf nie.
Francois het in 2010 na Vredendal verhuis waar hy in 2011 gematrikuleer het. Ná skool is hy na Stellenbosch om BA Sosiale Dinamika te gaan studeer, wat toe meer uitgedraai het as die begin van sy musiekloopbaan. “Ek het by ’n vriend begin leer hoe om te DJ aangesien ek dit nie eintlik kon bekostig om ’n musiekskool by te woon nie.

 

Nie lank daarna nie het hy by Nu’Bar op Stellenbosch begin speel, wat toe later verander het na Terrace Stellenbosch. Hy het ook by Die Mystic Boer, Catwalk, Springboks gespeel, asook in die beroemde Langstreet in Kaapstad by klubs soos Fiction, Dragon Room, Purple Turtle en Club 89 asook feeste regoor SA soos Rezonance.


Francois het later betrokke geraak by musiekproduksie en in 2014 begin om sy eie musiek te produseer. In 2016 het hy vir ’n tydperk van 6 maande in Viëtnam, Maleisië en Thailand gaan DJ waarna hy weer terug Kaap toe is. Nou is hy terug op Vredendal. Die musiek wat mense elke Woensdag kan verwag, is Deep en Lounge House, en dit is ’n styl wat perfek pas by die skemerkelkie-atmosfeer.
Hy stel ook vanjaar ’n Deep House-album bekend met oorspronklike produksies. Kom geniet Francois se musiek en geniet ’n skemerkelkie terwyl jy elke Woensdag by Thi Art vermaak word. Wat is daar beter as om klein Saterdag só te geniet?

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?