Droogte in Suid-Afrika

Water is ʼn baie skaars hulpbron veral in Suid-Afrika. Ons bevind ons tans in ʼn waterkrisis en dit kan tot erge droogte lei as ons nie water bespaar nie.

Volgens die weeklikse staat van reservoirs se verslag van die Departement van Water en Sanitasie soos op 4 September 2017, was damvlakke in die Wes-Kaap slegs 34% vol. Volgens die munisipaliteite van die Wes-Kaap het verbruik te hoog gebly en is streng maatreëls ingestel om hierdie situasie te hanteer.

Die gemiddelde damvlakke in Gauteng, Noord-Kaap en Noordwes is meer as 80% vol. Damme in die Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga is tussen 74% en 78% vol, terwyl damme in die Oos-Kaap (57%) en KwaZulu-Natal (51%) meer as halfvol is.

Hier is wenke wat jy kan gebruik om water te bespaar:

  • Sit ’n baksteen/bottel vol sand in die toiletbak.
  • Moenie die toilet onnodig spoel nie.
  • Neem eerder ’n stort as ’n bad.
  • Plaas ’n emmer in jou stort om die water op te vang, jy kan die water gebruik om jou toilet te spoel of om jou plante nat te gooi.
  • Moenie die kraan oop los terwyl jy tande borsel nie.
  • Moenie te veel badwater in die bad laat loop nie, en gesinslede kan badwater deel. Gebruik ook die badwater om plante nat te gooi of om jou toilet mee te spoel.
  • Vul die ketel met net genoeg water.
  • Pak die skottelgoedwasser en wasmasjien vól voordat jy was.
  • Maak seker daar is geen lekkasies op jou erf nie.

Elke druppel water tel. ’n Druppel per sekonde kan daagliks tot 20 liter water versamel. Spaar jy dit of vermors jy dit? Bespaar water en help om nie die droogte in Suid-Afrika te vererger nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?