Driedag-kursus in studiemetodes

Die Tina Cowley-leessentrum op Vredendal bied op Vrydag, 1 September, Saterdag, 2 September en Vrydag, 8 September  ʼn studiemetode-kursus aan. Kinders van alle ouderdomme is welkom om die kursus by te woon.

Volgens Engela Adriaanse, leesterapeut by die Tina Cowley leessentrum, strek die studiekursus oor drie dae, met sessies wat drie ure elke dag duur. Op dag een sal daar geleer word oor memoriseringsmetodes. Dag twee sal daar geleer word hoe om doeltreffend op te som en dag drie gaan onder meer oor studiemetodes en doeltreffende tydsbestuur.

“Dit is net in kort, maar dit is baie lekker interaktief, glad nie lang vervelige sessies soos dit dalk mag klink nie. Almal is die hele tyd aktief by die proses betrokke en die resultate is verstommend,” sê Adriaanse.

Volgens haar het hulle al graad 11-leerders gehad wat in een eksamen met 11% verbeter het in lewenswetenskappe.

“Die studiekursus het ʼn breinprofiel van professor Kobus Neethling ingesluit wat leerders help bepaal of hulle linkerbrein- of regterbreinmetodes vir studies verkies, en wat ook raak aan persoonlikhede en beroepsmoontlikhede voorstel,” sê Adriaanse.

Adriaanse voeg ook by dat daar ook ʼn studie-CD van John Broome met barokmusiek wat baie help met studies (die klankgolwe en breingolwe stem ooreen en maak die brein baie lekker oop vir leer) ingesluit is.

Vir meer inligting oor die kursus kan jy Engela Adriaanse kontak by 082 865 1091 of besoek Tina Cowley se webtuiste by www.tinacowley.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?