Dress A Kid bring langarmdans met Jimmy van Jimmy’s Grand 6 na Matzikama

Die nie-winsgewende maatskappy, Dress A Kid is opgewonde om musiekale genie Jimmy Newman van Jimmy’s Grand Six na Matzikama te bring vir ’n fondsinsameling-langarmdans op 27 Oktober in die Vredendal Sportsaal om 19:00.

Newman het vele sukses in die 70’s en 80’s met sy musiek behaal en is met twee goue plate vereer vir sy strelende klanke. Newman blaas nog steeds sy saksofoon met gemak en vele passie en waardeer nog die ondersteuning wat hy van sy getroue aanhangers kry. Sy ondersteuners bestaan deesdae uit jonger mense ook, juis omdat hul ouers altyd Jimmy’s Grand Six se musiek in die agtergrond gespeel het toe hulle nog kinders was. Moet dus nie Jimmy se ou treffers, asook meer moderne liedjies misloop met die opspraakwekkende langarmdans vir Dress A Kid se fondsinsameling nie.

Dress A Kid bestaan uit ’n groep vriende wat minderbevoorregte leerders van verskeie skole in die Matzikama-streek voorsien van ’n nodige skooluniform. Die groep wil graag Matzikama-leerders verder motiveer om hul skoolloopbane te voltooi en bied jaarliks ’n beroepsdag aan waar graad 8- en 9-leerders ingelig word oor vakkeuses en moontlike beroepe wat hulle graag eendag wil volg.

Ligte vingeretes sal voorgesit word en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees op die aand van die langarm-geleentheid. Wees verseker om die beste tyd met ’n lewende legende, Dress A Kid en ou vriende te hê – maak sommer ’n paar nuwe vriende, want musiek is ’n universele taal. Kaartjies is beskikbaar teen R100 by Liquor Fountain op Lutzville en Vergenoeg Primêr in Vredendal-Noord, asook by Dress A Kid-lede. Navrae kan gerig word by 083 549 2170 of 083 562 7228. Besoek ook die Dress A Kid Facebookblad om op hoogte te bly van verdere verwikkelinge.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?