Dobbelsteun tree op by Leipoldville-fees

Op Saterdag, 5 Augustus en Sondag, 6 Augustus sal daar lekker vermaak wees by die NG Kerk op Leipoldville. Dobbelsteun, die bekende musiekgroep van Vredendal, sal by die fees wees om aanhangers met hul musiek te vermaak.

 

Dobbelsteun sal saam met die volgende gaskunstenaars optree:

  • Steyn Fourie
  • Ghapi
  • Franja Du Plessis
  • Ricus Nel
  • Bianca Willemse
  • Schubertstraat 7
  • Lollo’s

 

Die verrigtinge sal om 10:00 begin om om 20:30 eindig. Daar sal Sondag ʼn lofsang-erediens aangebied word wat om 10:30 begin. Die toegangsfooie na die fees beloop R50 vir skoliere en R120 vir volwassenes. Toegang is gratis vir voorskoolse kinders en pensionarisse ouer as 70 (met bewys van identiteitsdokument).

 

Vir meer inligting oor die musiekfees kontak die volgende persone:

  • Elsabe Carstens: 027 422 1802 of 083 225 6536
  • Kerkkantoor: 027 412 2844
  • Corlia Carstens: 082 632 4284

 

As jy ʼn Dobbelsteuner is en jy hou van musiek. is hierdie fees gemaak net vir jou.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?