Die MDSA moedig leerders aan by Ebenhaeser Primêr

Die Multi-Sectoral Development Accomplishers (MSDA) op Vredendal  het weer eens uitgereik na ’n skool in die Matzikama-streek. Dié keer was dit die graad 9-leerders van Ebenhaeser Primêre Skool (EPS) wat die besonderse bemagtigende uitreiking van die MSDA in samewerking met Lutzville en Vredendal Polisie, kon ervaar.

Lede van die MSDA-direksie was ook op 22 Oktober teenwoordig by EPS. Direksielid en koördineerder vir die dag se verrigtinge, Jade Groenewald, en skoolhoof, mnr. Swart was self sprekers op die opvoedkundige dag. Tydens die program het die Suid-Afrikaanse Polisiedienste die leerders toegespreek oor hul vakkeuses vir volgende jaar, sou hulle enige amp in die SAPD wil bereik in die toekoms. Kaptein Bishop en adjudant-offisier Steenkamp het uitgedruk hoe belangrik dit is om die regte keuses te maak, nie net in vakkeuses nie, maar ook in lewensbesluite.

Die sprekers het ook die leerders gemaan oor die gevare van drank- en dwelmmisbruik en hoe dié middele ernstige nagevolge mag hê op hul ambisieuse drome en doelwitte. Hulle het klem geplaas op die nagevolge wanneer die individu met die gereg bots, asook hoe dit die individu se lewe mag affekteer. Die MSDA is dankbaar vir die samewerking van die skool, leerders en die SAPD.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?