Die Keldery kraffiewyn-aand met ’n twist!

Dit is 2018! Dit is die begin van ’n nuwe jaar met hope opwindende dinge om na uit te sien. Dit beteken ook dat dit weer tyd is vir Die Keldery se kraffiewyn-aand wat elke Donderdag plaasvind en vanjaar kan jy beslis uitsien na nuwe gebeure by Die Keldery.

Nie net kan jy uitsien na die smullekker geregte en heerlike wyne wat elke Donderdagaand bedien word nie, maar vanjaar is daar ook ’n lekker verrassing vir musiekliefhebbers! Op Donderdag, 1 Februarie, gaan Manie Jackson – country en Afrikaanse sanger en liedjieskrywer – Die Keldery besoek.

“Ons sien uit daarna om Manie Jackson hier by ons te hê tydens die kraffiewyn-aand. Dit gaan beslis ’n aand wees wat almal gaan onthou. Jy wil nie uitmis nie, so maak seker dat jy nou al jou tafel bespreek,” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

Verrigtinge skop om 19:00 af en tydens die verrigtinge kan jy ook uitsien na heerlike hoender-kaasburgers met skyfies wat bedien gaan word. Besprekings vir die geleentheid is noodsaaklik, so maak seker dat jy vooraf jou tafel bespreek. Kaartjies beloop R150 per persoon en is beskikbaar by Die Keldery.

Kontak Die Keldery by 027 213 3699 vir meer inligting. Bring jou gesin en kom geniet ’n heerlike bord kos in goeie geselskap en natuurlik met Manie Jackson wat die gaste gaan vermaak.

Die Keldery skop sommer hul nuwe jaar af met ’n groot optrede wat jy nie mag nie mis nie en dit stop nie net hier nie. Die Keldery het verskeie spesiale geleenthede wat nog vanjaar hier aangebied word. Hou hul webtuiste en sosiale media dop vir aankondigings en spesiale aanbiedinge.

Die Keldery is tans ook besig om aanpassings te maak op hul spyskaart. Die pryse van geregte en drankies word verander, maar jy hoef nie bekommerd te wees nie want dit sal nog steeds jou sak pas. Hou Die Keldery se webtuiste dop vir die veranderinge op hul spyskaart.

Om ’n bespreking te maak vir kraffiewyn-aand, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Besoek ook Die Keldery se webtuiste by diekeldery.com/

      

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?