Dans-opskop van Stellar Foundation judo-klub

Die Stellar Foundation se judo-klub gaan op Vrydag, 15 September, ʼn lekker dans-opskop by die Vredendal-Noord gemeenskapsaal hou.

Volgens Gert Loubser, koördineerder van Stellar Foundation se sportspanne, is die doel van die dans om geld in te samel vir die judo-studente wat na George gaan reis vir ʼn judo-kompetisie wat op 28 Oktober sal plaasvind.

“Public Attention van Vredenburg sal almal vermaak met hul lekker sang- en musieknommers en daar sal ook fotograwe van die Die Son-koerant wees wat die geleentheid sal bywoon,” sê Loubser.

Loubser voeg ook by dat die aand beslis die moeite werd sal wees en dat daar ook verskeie pryse sal wees wat gewen kan word.

“Dit sal ʼn formele dans wees en kaartjies beloop R100 per persoon,” sê Loubser.

Maak seker jy kry jou beste uitrusting en dansskoene nou al reg vir hierdie dans-opskop, dit beloof om ʼn aand van pret en plesier te wees.

Vir meer inligting kontak Gert Loubser by 079 693 0982.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?