Daantjie Kat kom besoek weer!

Daantjie Kat het die afgelope tyd omtrent sy pote vol gehad om die verskeie primêre skole in die Matzikama-streek toe te spreek oor verkeersreëls. Daantjie Kat is ’n nasionale legende wat al vir dekades ouers en kinders inlig oor padveiligheid en verkeersreëls. As daar ooit ’n huishoudelike kat was, is dit Daantjie, want hy word altyd oral met ope arms verwelkom.

Daantjie Kat het al vir generasies sy wye kennis oorgedra aan inwoners van Matzikama. Matzikama-verkeersdepartement in samewerking met Wes-Kaap Provinsiale verkeer het Daantjie se besoek aan die streek moontlik gemaak. Onder die betrokke skole was Vredendal-Noord Primêr, Ebenhaeser Primêr, Maskam Primêr, Doornbaai Primêr, Steilhoogte Primêr, asook Spruitdrift Primêr. Hulle het Daantjie welkom geheet met pure opgewondenheid en warm glimlaggies.

Daantjie Kat lewer ’n opvoedkundige vermaaklikheidsprogram aan, waar kinders saam kan sing, dans en lekker met Daantjie kan gesels en sodoende ook leer oor padveiligheid. Ellin Flink van Matzikama-verkeersdepartement het weer eens ’n beroep op alle ouers en leerders gedoen om alle verkeersreëls te gehoorsaam sodat nalatigheid en ongelukke op die pad voorkom kan word Daantjie Kat is dalk vir nou eers weg, maar hy gaan beslis weer terug kom as voetgangers uit lyn trap en motoriste hul rybane verkeerdelik oorskry.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?