Clanwilliamdam se konstruksie in volle vaart

Die konstruksie aan die Clanwilliamdam se wal het die hele Cederberg- en Matzikama-omgewing in rep en roer. Konstruksie het reeds Maandag, 8 Oktober begin en met enige projek is daar altyd ’n paar interessante feite wat ook in rekenskap geneem moet word.

Die Vredendal Landbouvereniging het die volgende inligting op sosiale media bekend gemaak oor verlede week se gebeure by die dam. Op Vrydag, 5 Oktober was daar ’n komitee-vergadering by Augsburg Landbouskool waar verskeie watergebruikers-verenigings hul  terugvoering gegee het aangaande die groot projek.

Daar is bekend gemaak dat die totale afloop van die Olifantsrivier tot op hede 61.7% vol was. Die hoeveelheid reën-, sneeu-vlakke en persentasies het dus nog nie teruggekeer na die ‘ou’ normale vlakke nie.

Die twee sluise waarby water uitgevloei het gedurende die besige tyd, is voorloping toe omdat rubbers wat sluise op die kante moet stop, besig is om te lek. Die water wat onder by die uitlaat uitvloei, is egter aangepas om lekwater te akkommodeer.

Sou die dam reeds vanjaar klaar gewees het, sou dit tans net 63.7% vol gewees het, met geen water wat uitgelaat sou word nie. Die inloop staan tans op 9.1 kubieke meter per sekonde. Die kapasiteit van die Clanwilliamdam is 122 miljoen kubieke meter water. Die totale aanvraag uit die dam per jaar met ’n vol kwota is 203 miljoen kubieke meter water. Dit is feitlik dubbel van wat die dam se inhoud is.

Op die foto is ’n uitsig oor die dam van die damwal

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?