Cape Access hou jaarlikse gradeplegtigheid

Cape Access se e-sentrums op Doringbaai, Klawer, Vanrhynsdorp en Vredendal het hul jaarlikse gradeplegtigheid op Donderdag, 23 November by die Vanrhynsdorp Thusong-sentrum gehou.

Gedurende hierdie geleentheid is studente wat ICDL- en E-learner-kursusse die afgelope jaar by onderskeie e-sentrums suksesvol voltooi het, vereer met ’n geakkrediteerde sertifikaart.
E-learner is ’n basiese rekenaarkursus wat ’n stewige fondasie aan student verskaf om te vorder na die ICDL-kursus. Die E-learner-kursus bestaan uit sewe eenhede, naamlik IT Basics, Files & Folder, Drawing, Word Processing, Spreadsheets, Presentations en Web Browsing & Email. ICDL of te wel International Computer Driver License is ’n geakkrediteerde rekenaarkursus wat by al 70 Cape Access e-sentrums regoor die Wes-Kaap gratis aangebied word. Hierdie kursus bestaan uit ses modules en ’n meer gevorderde kursus as die E-learner-kursus.

Die Cape Access-program is ’n initiatief van die Wes-Kaapse regering wat die afgelope 13 jaar gratis toegang tot inligting, kommunikasie tegnologie (ICT’s) aan agtergeblewe/minder bevoorregte landelike gemeenskappe regoor die Wes-Kaap te verskaf. Hierdie initiatief gee aan mense die geleentheid om hul omstandighede te verbeter.

Die rekenaaropleiding word verskaf deur bevoegde, geakkrediteerde fasiliteerders by die onderskeie e-sentrums. Hulle is Kevin Horn en Randal Greeff (Vanrhynsdorp e-sentrum), Jeanilize Snewe en Leandra Boois (Vredendal e-sentrum), Deban Koopman en Tercia Jordaan (Klawer e-sentrum) asook Priscilla Arendse en Michelle Nissan (Doringbaai e-sentrum).

Me. Jenny Van Niekerk, hoof van ICDL Suid- Afrika, mnr. Kelvin Groeneveldt, programbestuurder van Cape Access, me. Joany Stuurman, streekskoördineerder van Cape Access vir die Weskus-area, asook me. Hannie Kriel, ’n verteenwoordiger van Matzikama-munisipaliteit, was onder die gaste wat hierdie luisterryke geleentheid bygewoon het.

    

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?