Blitsvinnige reaksie van Matzikama Munisipaliteit op breek by Bitterfontein-wateraanleg

Matzikama Munisipaliteit het op Saterdag, 2 Februarie, blitsvinnig reageer op ’n breek by die Bitterfontein-wateraanleg. Gevolglik was daar geen watervoorsiening na opgaardamme in die DMA gebied nie. Die munisipaliteit se tegniese spanne het lang ure gewerk op Saterdag, wat oorgeloop het tot Sondag, om die breek te herstel en die gebied weer van water te voorsien.

Die munisipaliteit het skouer aan die wiel gesit om voorlopige water tydens die herstelling van die probleem aan inwoners van die DMA te voorsien. Water is voorsien deur die munisipale watertrok en inwoners was gemaan om die beskikbare water wat tans in elke dorp se opgaardamme was, spaarsamig te gebruik. Die munisipaliteit se tegniese span word geprys vir hul toewyding en word bedank vir hul dinamiese dienste.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?