Besoek Die Keldery oor die naweek

Die Keldery is geleë by die Spruitdrift-wynkelder aan die buitewyke van Vredendal. Die stylvolle, ruim gebou bied die besoeker ʼn volledige kos- en wynervaring – van die gemaklike proe-kamer waar ʼn verskeidenheid van die beste wyne verkoop word, na die ruim restaurant met lieflike uitsig oor die wingerde en die Maskam-berg. Die spyskaart bied ʼn verskeidenheid lekker geregte met ʼn tradisionele geur. So gaan maak ʼn draai en gaan geniet die gasvryheid en goeie kos.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?