Beskerm jou huis teen inbrekers dié vakansie

Dit is Desember en dit beteken almal is van plan om met vakansie te gaan. Dit is ook daardie tyd van die jaar waar inbrekers huise dophou en huise teiken waar hulle kan inbreek en kosbare items in jou huis steel. Wonder jy hoe jy kan verseker dat jou huis veilig is terwyl jy met vakansie is? Hier is wenke wat jy kan volg om te sorg dat jou huis veilig is terwyl jy agteroor sit en ontspan tydens jou vakansie:  

  • Maak jou huis sigbaar deur goeie beligting (ook buite) en ’n lae voortuin.
  • Moenie jou huissleutels onder ’n blompot plaas of iewers maklik versteek as jy met vakansie gaan nie – dit is een van die eerste plekke waar inbrekers gaan soek.
  • Moenie ’n nota op die deur laat dat jy uit of met vakansie is nie.
  • Moenie jou waardevolle items buite los nie.
  • Vermy dit om leidrade te los wat verklap dat jy met vakansie is, selfs al gaan jy net vir die dag by vriende kuier of al is jy net een aand weg.
  • Vra jou bure om nou en dan hulle motor voor jou huis te parkeer.
  • Stel die elektriese toestelle soos ligte, radio’s en selfs die TV om op verskillende tye deur die dag of aand aan en af te skakel.
  • Installeer ’n diefalarm – dit is ’n baie doeltreffende afskrikmiddel, veral as dit aan ’n gewapende-reaksie-maatskappy gekoppel is
  • Vra jou bure wat nie met vakansie gaan nie, om jou ligte te gaan aan- en afskakel wanneer jy met vakansie gaan, asook om jou pos uit die posbus te haal sodat dit nie buite jou huis ophoop nie.
  • Jy kan ook jou huisadres en die datums wat jy met vakansie gaan vir jou plaaslike polisiestasie gaan gee. Hulle sal sorg dat daar polisielede by jou huis patrolleer.

Maak seker jy pas hierdie wenke toe voor jy met vakansie gaan om te vermy dat inbrekers jou huis teiken. Jy wil mos jouself geniet tydens jou vakansie en nie stres oor wat by jou huis aan die gang is.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?