Bagdad Café

Op die R27-roete tussen Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville en langs die Grootdrift-rivier sal jy die mooie Bagdad Café vind.

Hierdie kafee is veral bekend vir hulle buitengewone groot pannekoeke en lekker gourmet-etes op Sondagmiddae. Ontspan gerus op die restaurant se stoep met roosterkoek of ’n smaaklike ontbyt of stap deur die klein winkel waar daar allerlei snuisterye te koop is.

So as jy iets lekker wil eet, gaan maak gerus ’n draai by Bagdad Café as jy jouself in die Vanrhynsdorp omgewing bevind. Dit is beslis die russtop werd.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?