AMC Fisioterapeute se projek vir kinders

Anro-Mari Cohen, die fisioterapeut van AMC Fisioterapeute, bestee een oggend per maand by die Olifantsriviervereniging vir Persone met Gestremdhede om ʼn bydrae te lewer en ʼn verskil in iemand se lewe te maak.
Anro-Mari wil hê dat die kinders se tyd by die sentrum hulle ‘gelukkige plek’ moet wees en wil begin deur ʼn speelgoedinsameling te loods. Kindwees gaan oor speel, leer, om nuwe dinge te bemeester en te ontdek en daarom wil sy kinders van leergeleenthede voorsien deur middel van stimulering deur speel.
Indien iemand ook ʼn kind se hart wil bly maak, kan jy betrokke raak deur speelgoed te skenk of ’n skenking te maak. Van die benodighede is legkaarte, balle, springtoue, inkleurboeke, kryte, sagte speelgoed, draagbare CD-spelers en CD’s, boontjiesakkes, karretjies, plastiekdiere, poppe, teestelle, plastiekstoeltjies, vloerlegkaarte, kosbakkies vir kinders om pap uit te eet. Skoonmaakmiddels soos tandeborsels, tandepasta, lyfroom, waslappe, boudjiesalf, ensovoorts is ook welkom.
Indien jy enigiets wil bydra, kan dit by die praktyk afgelaai word of kontak vir Anro-Mari by 0825291792.

Bron: AMC Fisioterapeute

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?