The Amazing Race keer terug na die kassie

Gewoonlik gebeur dit dat The Amazing Race en Survivor mekaar opvolg op SABC3. Maar vanjaar is dit nie die geval nie – albei programme word in September uitgesaai.

The Amazing Race se 25ste seisoen skop op Maandag, 25 September om 19:30 af, terwyl Survivor: Worlds Apart steeds Dinsdae om 19:30 voortgaan.

Phil Keoghan, aanbieder van The Amazing Race, sê dat hulle in dié seisoen veral gebruik gemaak het van sosiale media. “Die 11 spanne wat deelneem, is regtig ’n goeie kombinasie – daar is ’n mengsel van susters, brandweermanne, wetenskaplikes en selfs ’n ma en dogter,” vertel hy.

Hier is van die spanne wat deelneem:

Branderplankryer Bethany Hamilton het haar arm in ’n haai-aanval in 2003 verloor. Haar outobiografie, Soul Surfer, is in ’n rolprent verander met die Hollywood-aktrise, AnnaSophia Robb wat Bethany vertolk.

Misti en Jim Raman glimlag van oor tot oor. Phil praat gedurig daaroor en dis iets waarop ons ongelooflik trots is. “Dis ons daaglikse besigheid en waarmee ons goed is,” sê die span.

Te Jay McGrath is ’n fopdosser en vroulike nabootser wat onder die naam Tia Wanna optree.

Bron en foto’s: www.cbs.com

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus en artikels besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?