Ama-zing House Experience se musiekvermaak was ’n reuse sukses

Op Vrydag, 28 April, was daar lekker musiekvermaak in Klawer se gemeenskapsaal. Dit is aangebied deur die Ama-zing House Experience en was beslis ’n reuse sukses.

 

Daar was vier platejoggies naamlik Dj Melodiouz, MrKownslir, Lil Master en Dj Naush wat jong mense van Klawer vermaak het met die lekker musiek wat hulle gespeel het. Baie van Klawer se jongelinge en mense van omliggende areas het hierdie geleentheid bygewoon en hulle het lekker op die maat van die musiek gedans.

 

Met hierdie lekker musiek wat daar gespeel was kan die platejoggies beslis weer binnekort Klawer besoek. Die jongmense van Klawer het nie verniet hulle dansskoene aan getrek nie, die musiekvermaak was beslis die moeite werd gewees.
Bron: Egnatuis MrKownslir Thomas

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?