Aktiwiteite tydens die Desember-vakansie

Dit is amper vakansietyd en baie van die jongmense in die Matzikama-streek is op soek na iets opwindend om te doen. Die Strandfontein-stranddienste het heelwat aktiwiteite waarna jy kan uitsien tydens die Desember-vakansie.

Die Strandfontein-stranddienste het op Sondag, 17 Desember ’n aand van lof en aanbidding wat tussen 19:00 en 21:00 by die Verenigde Christen-Studentevereniging van Suid-Afrika (VCSV) saal op Strandfontein gaan plaasvind.

Daar gaan ook op Woensdag, 20 Desember ’n Strandfontein Amazing Race aanbied word. Verrigtinge gaan om 10:00 begin en inskrywingsfooie beloop R50 per span. Spanne van vyf kan inskryf. Verrigtinge gaan plaasvind by die VCSC-saal.

Op Saterdag, 23 Desember is daar ’n vlugbalkompetisie wat by die strand gaan plaasvind. Verrigtinge gaan om 13:00 begin en inskrywings gaan tussen 11:00 en 13:00 plaasvind.

Indien jy jouself in die Matzikama-streek tydens die Desember-vakansie bevind, maak seker om ’n draai te gaan maak op Strandfontein om deel te neem aan hierdie aktiwiteite.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?