5 Plaaslike flieks en reekse wat jy nóú moet kyk

Dis vakansie en tyd om terug te sit, te ontspan en die beste te geniet van wat ons land het om te bied.

Terwyl dié stelling meestal gepaard gaan met strande, oorde, berge ens. kan dit ook beteken om te delf in van Suid-Afrika se juwele in die vermaaklikheidsbedryf.

So, terwyl jy op die strand uitgestrek is en ’n heerlike mengeldrankie geniet, kan jy van Suid-Afrika se uitskieter flieks en reekse op die toestel van jou keuse geniet.

Hier is van ons gunsteling reekse en flieks om te kyk die somer:

Waterfront:

Dié reeks, wat eksklusief vir kykNET en Shomax-kykers beskikbaar is, vertel die storie van drie susters wat herenig word ná hul pa se dood om die familie-besigheid in die Kaapse-hawe oor te neem. Maar soos geheime verklap word, word die familie uitmekaar gedryf. Kyk nou: youtu.be/Vode4ruz30c

Boer Soek ’n Vrou:

In dié gewilde realiteitsreeks is 10 boere opsoek na hul lewensmaat via briewe, blitsafsprake, groepsafsprake en huisbesoeke. Dis pret en sal jou op die punt van jou stoel laat. Is die dames gereed vir die plaas en gaan die boer liefde vind? Kyk nou: youtu.be/b9xyGw0oIx4

Tali’s Wedding Diary:

Die reeks op alle Suid-Afrikaners se lippe, Tali’s Wedding Diary, is ’n mokumentêr oor Tali, ’n Johannesburg prinses wat verloof raak in Kaapstad en vasbeslote is om die perfekte troue te hê. Dis ’n eerste Showmax oorspronklike reeks en al agt episodes is nóú beskikbaar vir stroming. Kyk nou: youtu.be/XVwMXLkFxlo

Wonderboy for President:

Vars in die nuus dat Cyril Ramaphosa die nuwe ANC president is word ’n mokumentêr oor Wonder Boy, ’n leier van die Oos-Kaap wat twee korupte politici slyp om die nuwe ANC president te wees sodat hul sy ondergang kan bewerkstellig. Kyk nou: youtu.be/C6xdmIrrvhg

Four Corners:

’n Skrikwekkende verhaal van ’n belowende jong skaakspeler wat tussen die verskillende bendes op die Kaapse Vlakte woon, wat sy kanse moet verdedig en voor die bendes beweeg om lewendig te bly. Dit is ’n interessante en dwingende verhaal, wat ’n realiteit vir baie te veel kinders in Suid-Afrika uitlig. Kyk nou: youtu.be/_Dve8uEYiHA

Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv-Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Berig verskaf deur sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?