12 000 mense by In Afrikaans se gala konsert op Hartenbos

Altesame 12 000 mense het op 30 Desember saamgetrek vir Hartenbos in Afrikaans, die gala konsert van die In Afrikaans konsertreeks op dié gewilde kusdorp. Vir die eerste keer in die geskiedenis was die Hartenbos-amfiteater uitverkoop. Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Jo Black, Appel, Elvis Blue, Refentse, Lianie May, Dewald Wasserfall, Leah, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Fatman het die rekordskare gaande gehad met hul treffers.

Die In Afrikaans konsertreeks het vakansiegangers bederf met aanbiedings vanuit die boonste rakke – en nie een produksie is oorgesien nie. Diegene wat van die konserte bygewoon het, kan steeds nie uitgepraat raak oor die ongelooflike dinamika van ons land se top-kunstenaars saam op een verhoog nie.

Karen Zoid was veral opgewonde oor haar eerste optrede met Refenste, wat sy ’n uiters accomplished sanger noem. “Ek is mal oor sy stem en sy selfvertroue,” het sy in ’n onderhoud gesê.

Volgens Elvis Blue was dit die tipe ding waarvan jy droom as jy ’n laaitie is – ’n lieflike plek en boonop 12 000 mense wat jou aanmoedig.

Nog ’n bekende besoeker was Zelda le Grange, voormalige persoonlike assistent van pres. Nelson Mandela. “Mens kan die passie van die mense sien – dis Hartenbos, die Kaap en Afrikaans op sy beste!” het sy gesê.

Volgens Jacomien de Villiers, organiseerder van die fees, wou hulle graag die tradisie van die ATKV en die jaarlikse Kerskonserte behou, maar het dit alles ’n nuwe kinkel gegee. “Ons wou iets uniek doen en graag hê dat die liedjies mense se harte in die oomblik moet vasgryp,” het sy opgewonde bygevoeg.

Sonder enige spesiale effekte het die In Afrikaans konsertreeks bewys dat die Afrikaanse musiekbedryf oor briljante kunstenaars beskik.

Met 2018 in volle swang hoe jy nie die wonderlike wêreld van musiek saam met die sand aan jou skoene af te stof nie.

JOOX, die musiektroom-app wat al jou gunsteling kunstenaars aan jou vingerpunte sit, is net die regte metgesel vir jou jaar en sal met elke oomblik daar wees met die regte musiek.

Hetsy jy nou regmaak vir die nuwe skooljaar, kuier saam met vriende of bietjie tyd alleen wil geniet, JOOX is daar.

Jy kan ook steeds ’n VIP-lid word met die komplimente van jou gunsteling-kunstenaars!

Hier volg hul kodes en die baie maklike instruksies:

Leah: Leah
Jo Black: JoBlack
Jay: Jay
Bok van Blerk: Bok

Laai JOOX van jou Android of IOS App-winkel af en registreer. Tik die kode van jou gunsteling-kunstenaar in en siedaar! Jy is ’n VIP-lid – gratis – vir een maand. As VIP-lid kan jy aflyn na jou gunsteling musiek luister en hoef jy jou nie te bekommer oor datakoste nie.

Die vakansie mag dalk byna verby wees, maar dit beteken nie jy kan nie binnekort ’n wegbreek-naweek beplan nie.

Die prettigste items van die In Afrikaans-kunstenaars is beskikbaar op hul aanlynwinkel. Gaan loer gerus daarna op www.inafrikaanshartenbos.com. Jy kan dus die hele jaar lank van hul items bestel en hoef nie te wag tot die In Afrikaans konsertreeks nie. Maak ook seker die In Afrikaans versamelingalbum kry ’n plekkie op jou CD-rak.

Besoek die Karoo-dorp Prince Albert aan die voet van die dramatiese Swartberg-berge op jou pad terug huis toe. Dié dorp spog met asemrowende natuurskoon en het ook baie aktiwiteite wat jy kan doen tydens jou besoek. Loer ook gerus na hul jaarlikse kalender en beplan jou uitstappie daarvolgens. Besoek die webtuiste http://princealbert.org.za/ vir meer inligting of gaan laai die app, Prince Albert Great Karoo, af in die IOS-winkel of Google Playstore.

Kaartjies is beskikbaar by www.itickets.co.za of 086 1000 291.

            

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?