Nul is nie niks nie nóú op DStv Boxoffice

Nul is nie niks nie is ’n inspirerende hartsverhaal oor die lewe, die dood en die volgehoue hoop wat tussen die twee gevind kan word. Dertienjarige Hoender (Martin) Retief is ’n hoenderboer wat uitblink in wiskunde. Hy woon in ’n dooie, plattelandse dorpie en verkoop sy hoenders se eiers as sakgeld. Tannie Hantie, die lewendigste lid van die gemeenskap, ondersteun lojaal Hoender se eierverkope en is ook ’n oor wat luister wanneer Hoender graag by iemand wil afpak.

Huur Nul is nie niks nie nóú op DStv BoxOffice teen slegs R35.

Hoender word onverwags vriende met die nuwe buurseun, Drikus Ferreira. Hy ly aan Hodgkins se siekte en sy laaste droom is om ’n zombiefliek te maak. Hoender, die rissiepit Chris (Hoender se droommeisie) en Drikus vorm vinnig ’n hegte band. Die filmspannetjie ontsnap saam van hulle daaglikse eentonige lewens en bekommer hulle nie meer oor skoolboelies, Drikus se oorbeskermende ouers en Hoender se kluisenaar-ma nie.

Hoender moet diep delf om seker te maak Drikus se film word wel voltooi moet hy opstaan vir dit wat reg is, gaan vir dit wat hy wil hê en nooit opgee in dit wat hy glo nie. Drikus se film red die dooie gemeenskap en blaas weer nuwe lewe in die eens stil en verlate strate. Hoender se familie besef ook dat hulle nie meer in die verlede kan lewe nie. Die tyd om te lewe is nou!

Regisseur: Morne du Toit
Skrywer: Lize Vosloo
Akteurs: Jaden van der Merwe, Pieter Louw, Daniah de Villiers, Morne Visser, Marisa Drummond, Antoinette Louw, June van Merch, Reine Swart, Luan Jacobs, Kim Syster, Rafiq Jajbhay, Wilbur Jansen van Rensburg, Lehan Kruger, Francois Jacobs, Bradley Olivier, Elmien van Niekerk, Leilah van Niekerk.

Berig verskaf deur Sterre. sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?