Nouveau Kollege-sportdag

Op Saterdag, 12 Augustus, bied Nouveau Kollege ʼn sportdag aan. Wedstryde gaan om 09:30 by Nouveau Kollege se sportterrein plaasvind.

Volgens Marelie Coetzee, sekretaresse by Nouveau Kollege, gaan daar 10 skole wees wat gaan deelneem. Skole soos Laerskool Klawer, Laerskool Vredendal en vele meer gaan kragte meet.

“Daar sal sport soos netbal en rugby gespeel word en die ouderdomsgroepe wat gaan deelneem, is kinders o.7, o.8, o.9 en o.13,” sê Coetzee.

Coetzee voeg ook by dat daar stalletjies op die perseel gaan wees en dat Matzikama Sport van hul sporttoerusting by die geleentheid gaan verkoop.

Alle ouers, familie en vriende moet beslis die dag bywoon en kyk hoe hul kinders hul talent na vore bring.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?