Nog skenkings aan Calvinia

Die Calvinia in Nood-projek duur steeds voort. Skenkings en steun kom van oral en almal wil graag help. Of dit nou ’n botteltjie water of ’n groot tenk is, enigiets sal help.

Patrys Louw van Smokkel en Smous, en Klem Coetzee van Klem Coetzee Grondverskuiwing op Piketberg het ’n magdom koringkafbale die afgelope naweek vir die Calvinia in Nood-projek geskenk. Op Woensdag, 15 Maart, vervoer sewe vragmotors die kafbale na Calvinia en Loeriesfontein.

Baie dankie aan almal wat betrokke geraak het by die projek, dit word baie waardeer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?