NG Kerk Klawer hou basaar

Op Saterdag, 6 Mei, gaan die gemeente van die NG Kerk op Klawer lekker basaar hou. Die dag se verrigtinge sal om 09:00 begin.

 

Daar sal heerlike pannekoeke, kleinkoekies, poeding en brode te koop wees. Die etes is beskikbaar teen R50 per bord. Daar sal ook lekker kindervermaak wees vir die kleinspan. Gaan maak ’n draai en ondersteun die NG gemeente.

 

Vir meer inligting kontak Lida by 083 611 0778 of Leonie by 082 804 8169. Met hierdie lekker geregte wat die gemeente gaan voorberei en verkoop,is dit beslis ’n dag om na uit te sien.

 

Bron: NG Kerk, Klawer, Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?