Namaqua-fietsryklub se 12-uur nagrit

Op Vrydag, 30 Junie, tot Saterdag, 1 Julie, bied die Namaqua Fietsryklub ʼn 12-uur nagrit aan. Hierdie fietsry-roete sal plaasvind by Maskam Brouery. Dit sal die Vrydag om 19:00 begin en die Saterdag om 07:00 eindig.

Die spanne wat gaan deelneem, kan bestaan uit een tot drie persone. Die roete wat hulle gaan neem is ʼn kort en veilige sirkelroete rondom MBC en dit sal nie die oorspronklike roete van MBC volg nie. Daar sal ook heerlike wors oor vir al die deelnemers oor die kole gegooi word. Almal is welkom om deel te neem aan die sirkelroete. Al wat jy moet doen is om jou fiets, nagligte vir jou fiets en jou gesin saam te bring om deel te neem. Daar sal ook ʼn prys wees vir die persoon met die mees oorspronklikste beligting, so wees kreatief daarmee. MBC sal ook oop wees soos normaal.

Maak seker jy skryf nou in vir hierdie nagrit onder die sterre, dit is beslis ʼn geleentheid om by te woon. Vir meer inligting besoek Namaqua-fietsryklub se Facebookblad.

Bron: Namaqua-fietsryklub, Facebookblad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?