Namaqua Daisy Challenge

Die Namaqua-fietsryklub bied op 5 Augustus ʼn opwindende Namaqua Daisy Challenge bergfiets- en staproete aan. Hierdie verrigtinge sal by Spruitdrift-wynkelder op Vredendal plaasvind.

Die staproetes waaruit deelnemers kan kies, is oor 6 km, 14 km en 26 km, en die bergfietsroetes is oor 8 km, 25 km 32 km en 61 km. As jy wil deelneem aan hiérdie roetes kan jy aanlyn inskryf by www.daisychallenge.com. Daar is ook lekker pryse om te wen. Maak seker jy teken hierdie geleentheid aan want dis een wat jy nie wil misloop nie. As jy daarvan hou om fiets te ry, om te stap of om fiks te bly, is hierdie geleentheid net vir jou.

Bron: Namaqua-fietsryklub, Facebookblad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?