’n Kinkel in jou Maandagaand-aandete

Dit gebeur selde dat daar ’n heerlike koel dag soos vandag in die Matzikama is. Op sulke lekker koel dae, is dit ideaal om jou fondue-stel uit te haal en saam met jou gesin ’n heerlike ete te geniet.

Fondue was oorspronklik ’n gereg van gesmelte kaas wat sy oorsprong in die kookkuns van Romandie en Savoie het. Die term verwys vandag ook na soortgelyke geregte met gesmelte bestanddele soos sjokolade-fondue.

Vandag word daar nie net met kaas en sjokolade fondue gemaak nie, maar met allerhande daaglikse kosse. Bestanddele kan strek van aartappels na hoenderlewertjies en vir nagereg kan jy malvalekkers in gesmelte sjokolade doop. Fondue is eintlik gepas vir enige weerstoestande, maar persoonlik hou ek daarvan om dit te doen wanneer dit koel is buite, met ’n heerlike glas wyn, wat gewoonlik die vleishappies komplimenteer.

Wat jy kan gebruik vir jou fondue:

Hoender
Steak
Hoenderlewer
Worsies ( Rooiworsies en boerewors)
Aartappels
Vis
Groente
Kaas
Sjokolade
Malvalekkers

Dit is een van die lekkerste disse om te maak en dit gebruik geen elektrisiteit nie, dit werk net met olie en spiritus. Nog ‘n bonus is dat fondue vir die hele gesin geskik is, so probeer dit gerus en verras die kinders met hierdie pret idee vir ’n maaltyd saam.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?