Wonderlike deurbraak vir Nissan

Nissan het ’n pragtige nuwe model van sy Micra-reeks vrygestel. Die motor het ’n baie moderne ontwerp wat hom laat uitstaan bo baie van die nuwe modelle wat verlede jaar vrygestel is.

Die 2017 Nissan Micra (wat einde laasjaar vrygestel is) het verskillende modelle in sy reeks, wat verskillende enjingroottes bevat. Daar is ’n 0.9 liter-petrol en ’n 1.5 diesel-enjin wat albei negentig perdekrag bied. Daar is ook ’n 1.0 liter enjin wat drie-en-sewentig perdekrag uitskop.

Nissan het ’n asemrowende werk met hierdie voertuig verrig, nie net met sy pragtige voorkoms nie, maar met die goeie petrolverbruik en die sterk enjin wat daarmee gepaard gaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?