Mosaïekprojek en -roete

Die lede van die Wesland-kunstevereniging (WAA) in die Olifantsriviervallei het in Julie begin met ’n Mandela-mosaïekprojek.

Volgens Desireé Brand, mosaïek-programfasiliteerder en stigter van die Sculpture Workshop op Vredendal, is die doel van die projek om Nelson Mandela se besoek aan Vredendal in 1995 te herdenk en dat die mosaïekprojek op ’n openbare plek opgerig sal word wanneer dit voltooi is.

“Die mosaïekwerke is amper klaar en die WAA beplan ook om ’n mosaïekroete te skep wat sowat tien punte in die Olifantsrivier insluit. Dit sal ook gemeenskappe met mekaar verbind soos die teëltjies met mekaar verbind en daardeur ’n mooi kunswerk skep,” sê Brand.

“Ons hoop om te fokus op belangrike aspekte wat ons almal raak en ons wil graag hê dat die idees self van die gemeenskappe in die Matzikama-streek sal kom. Wanneer daar dan gesamentlik op iets besluit word, wil ons hier by WAA hê dat mense betrokke raak by die proses van die roete sodat hulle kan leer hoe om mosaïek te doen,” voeg Brand by.

Persone wat belang stel om deel te wees van die projek, kan Desireé Brand kontak by 073 259 5093 of stuur ’n e-pos na desireebrandsculpture@gmail.com.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?