Mosaïek-beelde en -skilderye uitgestal

Op Saterdag, 29 Julie, gaan die Wesland Kunstevereniging (WAA) in die Olifantsriviervallei ’n uitstalling van mosaïekbeelde en -skilderye by Vredendal Kwekery aanbied. Die doel van die uitstalling is om die kuns van die die plaaslike kunstenaars in die Matzikama-streekte bevorder.

Volgens Desireé Brand, mosaïek-programfasiliteerder en stigter van die Sculpture Workshop op Vredendal, is die tema van die uitstalling wat die unieke spesies van plante, voëltjies, insekte en klein diertjies van die Matzikama-streek gaan uitbeeld.

“Die groep is almal lede van die Wesland Kunste Vereniging en vyf van die lede is tans besig met ’n mosaïek skepping om Nelson Mandela se besoek aan Vredendal in 1995 te herdenk en dit sal op ’n openbare plek opgerig word wanneer dit voltooi is,” sê Brand.

Die verrigtinge sal om 12:30 begin. Die kaartjies beloop R30 per persoon en 6% van die kaartjieverkope gaan aan die kunsontwikkeling van plaaswerkers. Die gasspreker van die dag is Mike Spies van Namakwa Toere.

Brand voeg ook by dat enigeen wat belangstel by die klub kan aansluit. Vir meer inligting kontak haar by 073 229 5093.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?